Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Foute wat mens kan maak
Moenie bang wees om jouself te vra: “Wat mis ek? Wat weet ek nog nie?” Party mense verwag altyd moeilikheid; hulle is pessimisties en soek daarom nie na die positiewe nie. Maar ander is geneig om aan te neem dat alles altyd goed is. Altwee hierdie maniere van dink kan jou seermaak. Elisabeth Elliot, outeur van All That Was Ever Ours, skryf: “Alle veralgemening is vals, insluitende hierdie een; tog hou ons aan om te veralgemeen. Ons skep illusies wat nie verander kan word nie. Ons verwerp of aanvaar mense, produkte en programme gebaseer op die etikette daaraan gekoppel. Al weet ons min van iets af, maak ons asof ons alles weet.” Leer om te onderskei! Dit is maklik om ‘n rigting in te slaan na aanleiding van wat jy sien, maar wat sien jy nie? Ons leer slegs as ons bereid is om te vra: “Wat mis ek?”Daardie vraag dwing jou om oor dinge na te dink. Dit is maklik om die voordiehandliggende te sien, maar die moeilike vrae sal ander dinge na vore bring wat niemand raakgesien het nie. Deur nie vrae te vra nie, neem jy aan dat jou projek perfek is en daar geen probleme sal wees nie. Maar dit is eenvoudig nie waar nie! Daar is twee dinge om voor op te pas:
1) Te veel ontleding, wat jou sal verlam en keer om vorentoe te beweeg, en 2) te min ontleding, wat sal veroorsaak dat jy voortgaan sonder die nodige kennis en wysheid om jou projek te voltooi.
William Wilberforce Nearly everyone has heard of William Wilberforce, who opposed the slave trade and was able to have it banned by the English Parliament.…