Ds. Jalize Uys preek nie net meer oor hande uitsteek nie.
Sy het van die preekstoel in die NG Kerk afgeklim en maak haar hande vuil met sement. “Nié bakstene nie,” beklemtoon sy.
“Ek sien lig vir ons land se onmoontlike behuisingswaglyste. Moladi, ons boumetode, pak ál die probleme: Hoë boukoste, lang tydsverloop voor die voltooiing van projekte, onbetroubare arbeid, swak gehalte.
“Min of meer veertien dae van fondament tot intrek, maar met sterker mure en ’n stabieler struktuur as met baksteenmure.”
Uys, wat die afgelope sewe jaar in die korporatiewe omgewing gewerk het, sê sy en haar maatskappy, Uneedo Construction, meen ’n oplossing vir ons huisnood ís moontlik.
“Ons gebruik plastiekbekisting, ’n soort gietvorm wat aangepas word volgens die ontwerp van ’n huis. Dié bekisting word bo-op ’n ‘vlot’-fondament opgerig en ’n liggewig-sementmengsel word daarin gepomp of met emmers gevul. As dit geset het, word die bekisting verwyder, en voilà: ’n huis!
“Die bekisting word weer vir die volgende huis gebruik – tot vyftig keer. Die huismure het dieselfde eienskappe as ’n baksteenmuur.”
Uys sê die ontwikkelaar van dié tegnologie is mnr. Hennie Botes van
“Dis goed vir enige woonbuurt, nie net vir laekostebehuising nie.”
’n Huis van sowat 48 m² kos ongeveer R33 000.
Uys se ander doelwit met haar huisbouery is om volledige vroue-bouspanne op te lei. Sy sê die Uneedo-span is een van die eerste vroue-maatskappye in Suid-Afrika wat dié tegnologie toepas.
“Dis iets wat die res van Afrika reeds doen –
“Dit steek my dwars in die krop dat armes met afskeepgehalte tevrede moet wees. Hulle is ontnugter hieroor. Hul woonplek hoef nie minderwaardig te wees nie.
“