Doen dit met oorgawe

wall220110

wall220110Nehemia het die muur rondom Jerusalem in minder as twee maande herbou. Hoe het hy dit gedoen? Met passie! Hy het sy hoë-profiel beroep opgegee, aanhoudende teenkanting weerstaan, en met oorgawe gewerk. “Die mense het baie hard gewerk. Uiteindelik was die muur… herbou…” (Nehemia 4:6 NLV). Maar ons lees eers: “Jerusalem se muur lê om en die stadspoorte is deur vuur vernietig. Toe ek dit hoor het ek gaan sit en huil…” (Nehemia 1:3-4 NLV). Let op:

1) Passie is die eerste stap tot sukses. Jou begeerte, meer as jou gene of intellek, bepaal die uitkoms. Hoe groter jou begeerte, hoe groter jou potensiaal.

2) Passie sal jou wilskrag verhoog. Slegs as jy iets graag genoeg wil hê, sal jy bereid wees om die prys te betaal. God verag ‘n louwarm houding: “…Ek sou wat wou gee as jy maar net koud of warm was” (Openbaring 3:15 NLV). ‘n Besluitelose persoon kom nêrens by God nie, want “op so iemand kan jy nie peil trek nie” (Jakobus 1:8 NLV).

3) Passie sal jou verander. Wanneer jou begeertes in harmonie is met God se wil, en jy dit met passie nastreef, kan jy nie anders as om meer produktief te wees nie.

4) Passie sal die onmoontlike moontlik maak. Wees versigtig vir sogenaamde “kundiges”. Soms is hulle wysheid eintlik net kortsigtigheid. In 1895 het Lord Kelvin gesê dat vliegmasjiene ‘n onmoontlikheid is. In 1905 het die Amerikaanse president, Grover Cleveland, gesê dat vroue nie sou belangstel om te stem nie. In 1923 het die fisika- Nobelpryswenner, Rober Millikan, gereken dat dit hoogs onwaarskynlik sou wees om atoomkrag te benut. Jesus het gesê: “…Alles is by God moontlik!” (Markus 10:27 NLV). As jy passievol is oor God se doelwitte, sal Hy jou wys wat moontlik is.

Bron: Radiokansel

Scroll to Top