
Lat U se koningskap tog by ons kom, en lat U se grootheid hier tissen ons staan gemaak kan worre, en lat U se wil gebeure doer bo by U rond, net so gebeure hier by ons Boesm’land se grond.
Gee ons vandag onse jai-impie kos en vergewe ons, onse sondige gemors, sos ons die ander minse sin vergeef.
Here lat die kwaad doen goerterse wye draaie om ons loop en gee tog samblief Here lat die duwel nie naby kom nie.
Die minse doen sulke lelike goerters teen my, maar help to samblief dat ik dit nie sal raak sien nie, dan sal U mos ok nie myne raak sien nie.
U is vir altyd en vir altyd.
Amene my groot KROON.
(Geskryf deur : PJ van den Heever, Bonnievale. Navrae : 023 6163310)




