Die Here wys vir my vanoggend ‘n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word.
Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore, priesters, ouderlinge en diakens, nie vir Jesus persoonlik ken nie, maak hulle herkenbare klanke (hulle gaan deur die motions) maar daar is geen Lewe in hulle nie. Die satan verskeur hulle en maak net wat hy wil.
Toe wys die Here vir my ‘n blommewinkel. Die skakerings en verskeidenheid blomme lok jou van buite en sodra jy binne kom vul ‘n aangename geur jou. Jy ruik aan die blomme en elkeen ruik lekker. Bytjies en goggatjies besoek hulle en bestuif weer ander blomme in die omgewing en nuwe lewe word voortgebring. Mense koop van hierdie blomme, al is dit ‘n enkele roos of ‘n bos blomme en gee dit weer op hulle beurt vir mense vir wie hulle lief is of voor omgee.
Dis gemeentes waar God sentraal is, waar daar liefde onder mekaar is. Daar is Lewe.