Aanbidding

Jesus het Sy besonderse insig oor aanbidding geopenbaar aan ‘n vrou wat vyf mislukte huwelike gehad het. Geen wonder dat sy dissipels erg geskok was toe hulle Hom aantref waar Hy met haar gesels het nie. Wat was dit wat Hy met haar gedeel het?
Enigeen kan dit doen! Ware aanbidding het niks te doen met jou denominasie of plek van aanbidding nie. Sodra jy Hom Here van jou lewe gemaak het, sal Jesus jou aanbidding aanvaar.
God is op soek na mense wat wil aanbid. Dis ‘n belangrike konsep: God het jou geskep om die één ding te doen wat Hy nie vir Homself kan doen nie – aanbidding! “U is waardig, Here ons God, om die Hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur U wil is alles wat bestaan, geskape” (Openbaring 4:11 NLV). Ons is almal geskep om God te aanbid!
Daar is nie net een regte manier om dit te doen nie. Die Bybel skryf nêrens voor hoe presies ons moet aanbid nie. Die rede daarvoor is dat aanbidding so ‘n kragtige uitstorting van ons harte voor God is, en soveel liefde, dankbaarheid en toewyding verteenwoordig, dat dit nie in woorde omskep kan word nie. Jesus het gesê: “…die egte aanbidders die Vader in Gees en in waarheid sal aanbid” (Johannes 4:23 NLV). Ware aanbidding kom uit die dieptes van jou gees en berus op die waarheid van God se Woord.
Bron: Radiokansel
Scroll to Top