Worstel met God “tot!”

newlife2610

newlife2610Wanneer God jou vra om Hom dadelik te gehoorsaam (Jer 35:15), is daar ‘n rede vir Sy dringendheid. Toe Jakob met God geworstel het was dit net vir ‘n beperkte tyd, naamlik “tot dagbreek.” Mense gee maklik met ons op as ons nie hulle raad volg nie, maar God sal met ons worstel “tot” Hy ons kry waar Hy ons wil hê. Moenie uitstel nie; die tyd loop uit. Erken dat God van beter weet voordat jy jou integriteit, familie en jou toekoms prysgee. Hy weer wanneer die vyand se volgende aanval gaan plaasvind, of wanneer die dood jou kom haal. Wanneer Hy met jou worstel, is dit om jou te laat besef dat jy jou lewe mors, jou gesin afskeep, of dat jy nie die middelpunt van die heelal is nie. Of dit is om jou aan te moedig om nié jou werk te bedank nie, by jou kerk te bly en nie te skuif nie, of om jou huwelik nog ‘n kans te gee. God worstel met jou “tot” jy ophou om verskonings te maak en die realiteit in die oë staar. Hy smeer jou nie heuning om die mond nie, maar praat reguit met jou. Dit beteken dat jy nie meer gaan wegkom met dinge soos in die verlede nie.

Wat het Jakob ontvang toe hy met God geworstel het? ‘n Nuwe identiteit, ‘n nuwe lewe, ‘n nuwe geaardheid (die nemer het ‘n gewer geword) en ‘n nuwe bestemming: hy het die Vader van Israel, God se uitverkore volk, geword. God het ook wonderlike planne vir jou. Moenie bang wees om met Hom te worstel “tot” nie.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top