Waarvan praat jy? (2)

RKLogo_Reg

RKLogo_RegNadat sy besigheid ondergegaan het, het Paul Galvin die veiling van sy eie maatskappy bygewoon. Hy was ‘af’, maar nie ‘vernietig’ nie! Met sy laaste geld het hy die departement van sy maatskappy teruggekoop wat later Motorola geword het! Wat ‘n terugkeer! Die Bybel sê: “Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar ‘n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie,” (Pred. 7:14, NAV). Wanneer ons voor nuwe uitdagings te staan kom, soos verandering in jou loopbaan, of om terug te gaan skool toe, of ‘n nuwe verhouding te begin, skop ons ou programmering in en vertel ons dat ons nie opgewasse vir die taak is nie. Pasop! Die Bybel sê: “Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.” (Spr. 13:3, OAV).

Die wonderlike daarvan om die persoon te wees waarvoor God jou geskep het, is dat hy ons vooraf programmeer om nuwe situasies te hanteer, om te verander en te groei. Moenie ‘n saak teen jouself maak deur na ou stemme buite of binne te luister, of woorde te sê wat jou selfvertroue sal ondermyn nie. Om iets te doen wat jy nie vantevore gedoen het nie, gaan gewoonlik gepaard met ‘n leerkurwe wat aangevuur word deur vrees wat ongeveer so lyk: Daar is nie ‘n manier waarop ek dit kan doen nie. Ek kan seker probeer. Ek doen dit, maar nie baie goed nie. Ek doen dit steeds, maar ek is bang. Ek vaar beter. Oeps, ek het ‘n fout begaan, so ek kan dit toe tog nie doen nie. Miskien sal ek weer probeer. Dit is nie baie beter hierdie keer nie. Ek sal nog een keer probeer. Ek doen nie te sleg nie. Ek kan dit doen!”

Die Bybel sê dat jy “versadig [word] van die opbrings van sy lippe,” (Spr. 18:20, NAV). Verander dus elke “Kan nie” in “Kan” en rig jou selfspraak volgens die Skrifte.

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top