Verstaan kommer (2)

worries2207

worries2207Wat veroorsaak jou kommer? As jy daarop ingaan, sal jy waarskynlik besef dat jy die volgende doen:

(1) Onnodige druk op jouself plaas. Peter Marshall, Kapelaan vir die Amerikaanse Senaat, het soos volg gebid: “Vader, bewaar ons van die neiging om onsself so dun uit te rol dat ons blootgestel is aan moegheid en ongeduld wat weer lei to ‘n kort humeur, ons van ons sielevreugde beroof, die blou lug in onweer verander en die lied in ons harte smoor.” Jou innerlike vreugde kwyn onder die druk van uiterlike voorkoms, tred hou met die bure en om aan almal se verwagtinge te voldoen.

(2) God buite rekening laat. “Ek kyk altyd op na die Here vir hulp…” (Ps 25:15 NLV). Jou verhouding met God groei namate jy jou lewenservaringe met Hom deel: elke aktiwiteit, gesprek, probleem en gedagte. Doen jy dit nié, raak jy onbewus van Sy teenwoordigheid, doof vir Sy stem, gekant teen Sy aanmanings, en uit voeling met Sy tydsberekening. Om so te lewe lei net tot een ding – kommer!

(3) Die lewe verdeel tussen die aardse en die heilige. Hoe maklik maak ons onsself wys dat God belang het in sekere aspekte van ons lewe, maar nie in ander nie. Verkeerd! “Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys”(Spr 3:5-6 NLV). Enige ander manier van lewe, is ‘n lewe van kommer.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top