Soek die heuning!

RKLogo_Reg

RKLogo_RegIn hulle boek, The Laws of Lifetime Growth, verduidelik die outeurs Dan Sullivan en Cahterine Nomura dat, “om voortdurend te bly leer noodsaaklik is vir ‘n leeftyd se groei. Jy kan baie ervaring hê en nog steeds niks wyser wees nie. Ervaring alleen is geen waarborg vir groei nie. Maar as jy gereeld jou ervarings omskep in nuwe lewenslesse, sal elke dag van jou lewe ‘n bron van groei wees. Die slimste mense is dié wat selfs die kleinste gebeurtenisse en situasies kan omskep in deurbrake in hulle denke en aksies. Sien die lewe as ‘n skool en elke ervaring as ‘n les, dan sal jou kennis altyd groter wees as jou ervaring.”

In ‘n ou Peanuts tekenprent, wys Charles Shultz vir Charlie Brown op die strand, besig om ‘n manjifieke sandkasteel te bou. Dit is ‘n ware kunswerk. Net toe hy terugstaan om dit te bewonder, word dit verwoes deur ‘n groot brander. In die laaste raampie sê Charlie Brown: “Daar moet ‘n les hierin wees, maar moenie my vra wat dit is nie.” Dit is hoe baie van ons voel na ‘n potensieël waardevolle ervaring. Ons beleef dit, maar groei nie. Ons woon vergarderings by waaruit ons kan leer, maar implementeer niks wat ons neergeskryf het nie. Onthou, jy het nie regtig iets geleer tot jy dit toegepas het nie!

‘n Paar dae nadat Simson die leeu doodgemaak het, het hy na die plek van sy oorwinning teruggekeer en twee dinge in die karkas ontdek: (a) Bye wat steek. (b) Soet heuning. “Hy het met sy hand van die heuning uitgehaal.” (Rig 14:9 NLV). In hierdie lewe moet jy verby die pyn beweeg en die heuning soek!

© Radiokansel.co.za

Scroll to Top