
Josua het aan die Israeliete gesê, ‘…Sodra… die priesters ‘n… sein… gee, moet almal ‘n harde kreet gee. Die stad se muur sal… inmekaarstort. Die manskappe kan [dan] …die stad in… gaan.’ (Josua 6:5 NLV). Geen regdenkende mens sal verwag dat enige kreet die mure van ‘n groot stad sal laat tuimel nie. Hierdie was egter nie ‘n gewone kreet nie, dit was ‘n geloofskreet.
Al het oorwinning onmoontlik gelyk, het God op Israel se kreet gereageer deur die mure te laat val en die deure van die Beloofde Land te ontsluit. Die laaste ding wat jy wil doen wanneer jy na ‘n oop deur soek, maar net mure sien, is om ‘oorwinning’ te skree. Dis egter wat jy móét doen, want:
1) die kreet van lofprysing lei na oorwinning;
2) dit bevestig jou geloof;
3) dit verwar die vyand, en voorkom wanhoop en twyfel;
4) gehoorsaamheid lewer altyd resultate.
Dus, skree! Die oorwinning is joune!
Bron : Radiokansel




