Satan Is Verslaan

Under Arrest0512

Under Arrest0512Kyk jy ook graag daardie TV-reekse waar die polisie die krimineel verras deur te sê: ‘Jy’s onder arres,’ dan sy hande boei en hom in hegtenis neem? Dis wat Jesus met satan doen. Die term ‘tot niet maak’ impliseer ‘uitmekaar val.’ Dink hoe sement verkrummel en die muur omval, of die tolletjie sonder garing raak sodat die kledingstuk uitmekaar val as jy dit optel. Op watter basis sou jy satan wou beveg? Deur die krag van jou eie intellek, of deur die krag van God se Woord? Deur jou eie wil, of deur God se wil te ken, daarby te staan en af te dwing?

Het jy al ooit die lig in ‘n donker vertrek aangeskakel en gesien hoe die kokkerotte wegskarrel? Jy het eintlik niks gedoen nie, behalwe die lig aanskakel! Elke muur wat satan bou om jou in te perk, verkrummel as die lig van God se Woord daarop skyn. Satan se poging val letterlik uitmekaar. Dit gebeur vinnig, want lig beweeg teen 186 000 kilometer per sekonde.

Satan se grootste wapen is jou gebrek aan kennis van God se Woord. Dis waarom hy jou meer oor Bybel-lees aanvat as oor enigiets anders. Jesus het gesê: ‘En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak’ (Johannes 8:32 NV).

Dis nie die waarheid wat jou bevry nie; dis die ‘kennis’ van die waarheid, in tye van nood daarby te staan en op God te vertrou om te doen wat Hy gesê het, wat jou sal bemagtig om nie slegs satan se aanvalle te oorleef nie, maar hom te verslaan.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top