Oorgawe

slaves2606

slaves2606Bill Bright was die stigter van Campus Crusade. Sy ‘Vier Geestelike Wette’ traktaatjie en rolprent oor Jesus (wat deur meer as vier biljoen mense gesien is) het meer as 150 miljoen mense vir Christus gewen. Op ‘n vraag waarom God hom so effektief kon gebruik, het Bill geantwoord, ‘As jong man het ek ‘n kontrak met God gesluit. Ek het dit letterlik opgestel en my naam onderaan geteken. Dit het gelui, “Van vandag af is ek ‘n slaaf vir Jesus Christus”. ‘Stel jou voor jy is ‘n galeislaaf, aan die roeispaan vasgeketting, tot die dag van jou dood – dis oorgawe!’ (Ek persoonlik dink nie hierdie is ‘n goeie voorbeeld nie, aangesien hier geen sprake van persoonlike keuse tot oorgawe is nie.)

Oorgawe is nie alleen die beste nie, maar die enigste manier om te lewe! Alle ander maniere lei tot frustrasie. Die Bybel noem oorgawe ‘…’n lewende en heilige offer…’ (Romeine 12:1). Daardie oomblikke wanneer jy aan God ‘ja’ sê, sal altyd jou slimste oomblikke wees. Dit duur soms jare, maar uiteindelik sal jy besef dat die jy die grootste struikelblok vir God se seëning in jou lewe is. Jy kan nie jou roeping uitvoer wanneer jy op jou eie planne en selfbelang fokus nie. God se werk in jou begin met oorgawe. Offer dus alles aan God: die spyt van die verlede, jou huidige probleme, ambisie vir jou toekoms, jou vrese, drome, swakhede, gewoontes, wonde en kwellinge. Gee die leisels aan Jesus af, moenie probeer om Hom te help nie. Moenie bang wees nie, enigiets wat onder Sy beheer is, kan nooit buite beheer wees nie. Na oorgawe aan God kan jy enigiets te bowe kom!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top