
Om God se wil vir jou lewe te laat realiseer, moet jy verantwoordelikheid vir jou lewe neem. Hoe doen mens dit? Deur eers vir God en dan vir jouself “ja” te sê. Elke keer as jy vir God “ja” sê, maak jy jouself gereed om Godgegewe geleenthede te ontvang. As jy daaraan gewoond is om “nee” te sê, gaan dit dalk moeilik wees, en moet jy ten minste bereid wees om “dalk” te sê.
Daar was eendag ‘n pa wie se seun chronies siek was en hy het vir Jesus gevra om sy seun gesond te maak. Jesus het gesê: “‘As ‘n mens glo, is álles moontlik!’ ‘Ek glo!’ roep die kind se pa dadelik uit. ‘Help my tog om nie meer te twyfel nie!'” (Mark. 9:23 NLV). As jy in jouself twyfel, moet jy dieselfde gebed bid. God sal jou antwoord. Moenie vergeet dat jy uniek is nie. Niemand anders het al, of sal ooit jou talente, ondervinding en geleenthede hê nie.
Jy het ‘n verantwoordelikheid om alles te word wat God jou gemaak het; nie net vir jouself nie, maar vir almal om jou.
Bron : Radiokansel




