Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Maak ‘n bietjie golwe
Daar word ‘n verhaal vertel van Elzéard Bouffier, ‘n wewenaar van 55 jaar wat in 1910 in ‘n Franse dorpie gewoon het en omring was deur armoede en moedeloosheid. Hy het besluit om iets te doen. Hy het duisende akkers bymekaargemaak en oral geplant. Toe hulle begin wortelskiet, het hy beukehoutbome begin kweek. Toe hulle jong boompies was, het hy berkebome geplant. Op ‘n dag – terwyl die dood en verwoesting van die Eerste Wêreldoorlog hoogty gevier het, het ‘n geheimsinnige grys mistigheid op die horison verskyn. Dit was die eike van 1910, onder hulle het die tiener-beukehoutbome gestaan en onder hulle die jong berkeboompies. Bouffier het aanhou plan en teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die Franse omgewingsdeskundiges aangekondig dat ‘n “natuurlike woud geheimsinnig ontstaan het en floreer in ‘n bar, verwoeste omgewing”. Die verhaal eindig egter nie hier nie – dié woud het ‘n kettingreaksie veroorsaak. Water het in opgedroogde rivierlope begin vloei. Die wind het saad aangewaai en wilge, palmiete, grasse en tuine het begin opkom. Nuwe mense het daar kom woon en saam met hulle hoop en voorspoed gebring. Elzéard Bouffier het akkers opgetel en geplant, God het die res gedoen.
God kan baie doen met net ‘n bietjie. Kyk wat het Hy vir Dawid gedoen met ‘n slingervel en ‘n klippe. Kyk net hoe het Hy vyfduisend mense kos gegee met een seuntjie se middagete. Hy sal dieselfde vir jou doen! Jou lewe is soos ‘n klippie: dit lyk dalk nie na veel nie, maar kyk bietjie hoe die golwe al hoe verder uitkring wanneer jy dit in ‘n poel water laat val.
Jy het elke dag drie opsies: (a) Dink net aan jouself en jou eie belange. (b) Aangesien jy nie sukses kan bereik sonder die moontlikheid van mislukking nie, moenie enige risiko’s neem nie, en stagneer. (c) Vra vir God om vir jou te wys wat jy het en gebruik dit om golwe te maak.
Untitled Document Hou drie dinge in gedagte by die neem van belangrike besluite: 1) 'Mense-druk'. Toe Saul met 30,000 Filistynse strydwaens gekonfronteer was, en die…