
Jy moet met jou God-gegewe visioen vorentoe beur! Dit moet jou aansporing wees om na die beste van jou vermoë te presteer. Jy mag egter nooit die nooit die kommunikasie met die Een wat jou ten beste ken en liefhet, verwaarloos nie.
Bid vandag: ‘Here, dankie vir alles wat U aan my skenk – Help my om my beste te gee, om meer soos Christus te word, om te alle tye positief te bly. Ek weet dat waar ek nóú is nie noodwendig is waar U my heen lei nie. Gee asseblief aan my voorsmake van U visioen vir my toekoms sodat my begrip in ooreenstemming met U tydsberekening kan groei. Skenk aan my geduld, en die geloof om te vertrou dat U elke oomblik van die dag vir my beswil werk. Amen.’
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)



