Hoe om God in jou alledaagse lewe raak te sien

RKDit was ‘n doodgewone dag vir Moses, totdat hy die brandende bos raakgesien het – iets wat nie ongewoon was in die snikhete woestyn nie, behalwe dat hierdie bos aanhou brand het. En, “toe … hy nuuskierig nader kom, roep God na hom.” Jy sal van jou grootste Geestelike ervarings in die middel van jou alledaagse lewe ervaar – mits jy oop is vir ‘n Goddelike onderbreking in jou dag.

In Lukas 10 het Maria Jesus se geestelike natuur bedien terwyl Marta Hom na sy menslike natuur bedien het. Maar Marta se onthaal skedule het dit amper onmoontlik gemaak om haar te onderbreek, terwyl Maria moontlik so geestelik ingestel was dat sy selfs vergeet het om die stoof aan te sit! Beide is nodig om ‘n balans te handhaaf.

As Jesus moet kies, sal hy elke keer voetwassers bo meesterlike kokke verkies. Dit is omdat een van ons primêre fokuspunte altyd lof- en aanbidding (bewoorde dankbaarheid) moet wees, wat weer moet lei tot groter intimiteit met God.


Is jy so besig met jou taaklys dat dit vuur uit die hemel sal kos om jou aandag te trek? ‘n Bekende prediker het geskryf: “Jy kan in die middel van ‘n gewone oomblik wees, maar die keer is die aktiwiteit gevul met die teenwoordigheid van God. As jy in die middel van jou besige dag iets ongewoon opmerk mag jou reaksie dalk wees: ‘Ek is te moeg om daaraan aandag te gee … ek gaan nie my lewe daarvoor ontwrig nie.’ Dit is juis op daardie oomblik wat jy die geleentheid het om ‘n unieke ontmoeting met God te hê. As jy die ongewone te midde van die alledaagse sien, moet jy nie aangaan met jou gewone dagtaak nie. God wil dalk daardie oomblik gebruik om jou, of iemand langs jou se, lewe te verander.

Kopiereg 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za

Scroll to Top