Hindernisse op pad na beantwoorde gebed

RKLogo_Reg

RKLogo_Reg‘n Hindernis op pad na beantwoorde gebed is – ‘n gebrek aan selfvertroue! Wanneer ons verstaan dat ons as verloste kinders van God Hom enige tyd kan nader, kan ons die vyand se pogings om ons te verdoem te laat voel oorkom. As gevolg daarvan verloor ons vertroue om Hom te nader. Ons sê nie meer vir onsself: “Ek weet God kan dit doen” nie, “maar ek twyfel of Hy dit vir my sal doen.” Ons dink hierdie dinge omdat ons dink ons is nie die moeite werd nie. Jesus het ons die moeite werd gemaak!

Wanneer ons tot God nader, kan ons verseker weet dat Hy barmhartig sal wees. “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word,” (Heb. 4:16, NAV). Genade beteken dat God dit aan ons gee wat ons nie verdien nie as ons genoeg vertroue het om Hom daarvoor te vra. Ons vra in die naam van Jesus, en nie in ons eie naam nie. Ons gee aan die Vader alles wat Jesus is, nie alles wat ons is nie. Ons is niks sonder Jesus nie! God is bereid om meer te doen as wat ons kan vra of dink (sien Ef. 3:20). Daarom moet ons geloof beoefen en voordeel trek uit dit wat Hy alles kan doen deur met vertroue te vra.

Helen Poole skryf: “My vierjarige dogtertjie het altyd vir my gebid voor sy gaan slaap het. Een aand het sy gebid en gebid, haar stem het sagter geword, totdat net haar lippe beweeg het. Toe sê sy, ‘Amen.’ Ek het gesê: ‘Liefling, ek het nie ? woord gehoor wat jy gesê het nie.’ Sy het geantwoord: ‘Mamma, ek het nie met jou gepraat nie.'” Wanneer jy verstaan dat jy die reg het om met God te praat, en dat Hy na elke woord luister, kan jy met selfvertroue bid.

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top