
”n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het’ (Spreuke 19:21). Selfs al misluk jou planne kan God steeds alles ten beste vir jou en tot Sy eer laat gebeur. Daar is enkele dinge wat jy van God se leiding moet verstaan.
Eerstens, idees vergaan, maar Sy leiding bly staan – daarom het jy tyd aan jou kant.
Tweedens, jy kan Sy leiding nie sonder Sy hulp volg nie. Dis hoe Hy dit beskik. ‘…sonder My kan julle niks doen nie’ (Johannes 15:5).
Derdens, Sy leiding begin dikwels met ongemaklikheid. ‘Soos ‘n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop. So het die Here… gelei…’ (Deuteronomium 32:11-12).
‘n Kleintjie is geskok wanneer sy ma hom uit die nes skop. Maar hy vind sy ‘vlerke’ op die manier. Dink daaroor!
Bron : Radiokansel




