
Dan lees ons, “Die lieflingsdissipel sê toe vir Petrus, ‘Dit is die Here! Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy in die water gespring” (Joh 21:7 NLV). Petrus moes kies om na Jesus toe te gaan of agter te bly om sy vangs te geniet. Dit is ‘n toets waardeur ons almal sal gaan wanneer ons ons doelwitte bereik en ons skatte versamel het. Die uitdaging is – bly ons agter om ons seëninge te beskerm, of gaan ons oorboord vir die Here met volle toewyding aan Hom?
Paulus beskryf sy beroepsukses: “Ek is ‘n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin ek het streng volgens die wet gelewe.” (Fil 3:3-6 NLV). Maar luister dan na hom: “Hierdie menslike dinge eers as ‘n wins beskou, beskou ek nou as ‘n verlies. Om Christus persoonlik te ken is so wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou” (Fil 3:8 NLV). Paulus het besef dat sy ware identiteit nie in dit wat hy bereik het lê nie, maar in sy verhouding met Jesus. Voel jy ook so? Daardie nag het Petrus waarskynlik gevoel dat hy alles prysgee – maar toe hy die oewer bereik was Jesus reeds daar, besig om vis gaar te maak. Wat jy ook al nodig het, God het dit. Wat jy ook al prysgee, Hy sal dit en nog meer vir jou teruggee. Dit waarvan jy bereid is om weg te loop, bepaal uiteindelik waarmee Hy jou kan vertrou.
© Radiokansel.co.za




