
Kan jy dink hoe geskok was die man toe hy ‘n brief ontvang met die titelakte van ‘n 2 000 akker (ongeveer 9ha) gholfklub daarin? Paulus sê God kan veel meer doen as wat ons ooit kan indink. Konings dink nie soos gewone mense nie, en wanneer jy ‘n dienaar van die Koning van die Konings is, is dit nog meer waar! God se plan vir jou is veel meer as wat jy in jou wildste drome kan indink. Die Psalmdigter sê dat die Here ‘…vir my goed was’ (Psalm 13:6). God heg selfs aan die geringste poging waarde – dis kleingeestigheid wat Hy nie kan verdra nie! Wanneer jy waarlik glo dat Hy jou lewe beheer en dat Sy goedheid en guns jou al die dae van jou lewe sal volg, mag jy wonderlike dinge uit Sy hand verwag. Leon Nacson sê, ‘Verwag altyd die beste resultaat vir jouself en ander, want wanneer jy die gewone verwag, sal jy dit kry!’ Onthou, ‘…geloof…is ‘n vaste versekering dat…waarna ons uitsien…sal gebeur’ (Hebreërs 11:1). Selfs wanneer jy dit nie kan ‘sien’ nie, kan jy vertrou dat God altyd in jou beste belang optree.
Bron : Radiokansel


