
Hudson Taylor, stigter van die China Inland Mission, het gesê, ‘Ek het gewoonlik aan God gevra om my te help. Toe het ek gevra of ek Hom mag help. Uiteindelik het ek gevra dat Hy Sy werk deur my doen.’ Wanneer jy waarlik glo dat diens God is wat deur jou werk, sal jy begryp dat die hoogste roeping naastediens is. Die kunshart pionier, Dokter William DeVries, leef so. Hy sal selfs Sondae by die hospitaal opdaag net om sy mismoedige pasiënte op te beur. Hy skroom nie om self verbande om te ruil nie, en maak tyd om na sy pasiënte te luister. Hy het die gewoonte om cowboystewels onder sy teaterklere te dra en maak harte gesond op die maat van Vivaldi se musiek. ‘Hy het altyd ‘n glimlag gereed en wag net vir die geleentheid om dit te gebruik’ sê ‘n vriend. ‘Aankom’ is nie ‘n plek waar jy bedien word nie, maar waar jy ander ‘met blydskap’ dien.
Bron : Radiokansel


