Die vreugde van te gee

schindlers_list

schindlers_listDie bekroonde fliek, Schindler’s List vertel die storie van een man se poging om die beste te maak van ‘n desperate aangeleentheid. As die direkteur van ‘n wapenfabriek in Duitsland, besluit Schindler om sy posisie te gebruik om lewens te red. Deur hulle in diens te neem in sy fabriek, kon Schindler veroordeelde Jode red van die gaskamers. Maar om hulle in diens te hou was duur en Schindler het sy persoonlike besittings begin verkoop om die besigheid aan die gang te hou. Teen die einde van die verhaal word die Nazi’s verslaan. Toe die dooies getel word en die oorlewendes vrygelaat word, word die volle omvang van Schindler se weldaad onthul. In een toneel kniel Oskar Schindler by die treinspoor wat duisende Jode na hul dood vervoer het en besef dat hy nog ‘n paar mense kon gered het. Gevul met spyt, berou hy sy oorblywende besittings. As hy maar net kon weet wanneer die oorlog tot ‘n einde sou kom, kon hy meer gedoen het. Maar nou was dit te laat.

Oskar Schindler is ‘n held. Hy het meer lewens gered tydens die Tweede Wêreldoorlog as enigiemand anders. Maar ironies genoeg is al waaraan hy kon dink, dit wat hy nie gedoen het nie. Hy het gewens dat hy meer gedoen het.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top