Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Die genesing van ou wonde
Sukkel jy om te vergeet wat ander aan jou gedoen het – of wat jyself gedoen het? Hier is dan goeie nuus. Vervat in elke belofte wat God aan jou maak, is die mag om daardie belofte waar te maak. Paulus het gekies om te vergeet – en jy kan ook! Maak die volgende beloftes jou eie:
“Moenie bang wees nie. Jy sal nie weer verneder word nie. Moenie bang wees vir die skande van voorheen nie. Jy sal die skande van jou jeug vergeet…” (Jes 54:4 NLV). “Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nog gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek gaan ‘n pad oopmaak deur die wildernis vir my volk om huis toe te kom. Ek maak vir hulle riviere in die woestyn! (Jes 43:18-19 NLV). “Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie. Wees bly en jubel oor wat Ek gaan skep” (Jes 65:17-18 NLV). Let op die woord ‘skep’. God kan orde skep uit die chaos in jou lewe. Sou die heling oombliklik of maklik kom? Welliswaar nie. Jy sal baie groei en buig en moet vergewe in die proses. “Maar kom al die beloftes nie uit die Ou Testament nie?” Ja, maar luister: “Want al die beloftes van God in Jesus Christus is ‘n volmondige ‘ja'” (2 Kor 1: 20 NLV). God staan vandag gereed om jou te genees. Sy genade is groter as jou verlede. So kom na Hom toe!