
As jy eers oor dertig is, verloor jy daagliks duisende breinselle. Jou gewig begin verskuif na jou middelrif. Jy kan baklei soos jy wil, maar jy sal nie wen nie. Jy kan tyd en geld op jou uiterlike spandeer: oefening, diëte, kosmetiese chirurgie, skoonheidsbehandelings en nuwe klere, maar die waarheid bly staan: “Almal gaan na dieselfde plek. Hulle kom uit die stof en hulle word weer stof” (Prediker 3:20 NLV). Maar hier is wat belangrik is: Jy sal nooit ophou bestaan nie. Jou gees, die innerlike jy, is besig om in iets wonderbaarliks of aakligs te ontaard.
Daardie iets, is wat God sien wanneer Hy na jou kyk. Dit is wat vir Hom saakmaak. So, werk aan die innerlike jy!
Bron : Radiokansel




