
1) Vrugte is sigbaar. Jakobus skryf: “Jou geloof bly onsigbaar as dit nie dade word nie. Juis uit my dade sal ek jou my geloof wys” (Jakobus 2:18 NLV). Dit is nie genoeg om net oor jou geloof te praat nie; jy moet jou geloof daagliks voor ander mense lewe.
2) Vrugte weerspieël die eienskappe van die boom waaraan dit groei. Appelbome dra appels. Hoe meer jy jou lewe aan Christus oorgee, hoe meer sal jy soos Hy word.
3) Vrugte is altyd daar vir iemand anders se voordeel. ‘n Vrug kan homself nie eet nie en ook nie besluit wanneer om gepluk te word nie. Goeie vrugte maak dat mense lus en honger daarvoor raak en dan uitreik om dit te pluk en te eet. Die Heilige Gees wil jou laat vrugte dra waardeur ander mense gevoed kan word. Die vrugte van die Heilige Gees is Christusgerig en mens-gerig. Paulus noem nege soorte geestelike vrugte: liefde, vreudge, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Hierdie vrugte is almal afkomstig van dieselfde boom, wat alles wat jy in jou lewe nodig het, kan voorsien. Jy hoef nie liefde te soek by die Heilige Gees en vrede by iemand anders nie. Of die Heilige Gees vra vir geduld, maar na iemand anders gaan vir selfbeheersing nie. Al die vrugte kom van die Heilige Gees af. Watter dra jy?
Bron: Radiokansel



