Wat is jou visie (3)

obstacles0705

obstacles0705Struikelblokke sal nie jou visioen tot niet maak nie, maar jou houding kan wel. Na ‘n uitmergelende reistog, en vanuit ‘n Romeinse tronk, het Paulus geskryf: “Wees altyd bly in die Here. Ek sê dit weer: ‘Wees bly!'” (Filippense 4:4 NLV). Paulus het twee dinge geweet wat jy ook moet weet:

a) Dit is nie verby totdat God so besluit nie. Omstandighede en mense het nie die laaste sê nie; God het! Hy is “die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun.” (Hebreërs 12:2 NLV). Met God aan jou sy, moet opgee nie ‘n opsie wees nie. As jy opgee sonder Sy toestemming, bereik jy nooit jou volle potensiaal wat God vir jou bestem het nie.

b) Niks kan jou onderkry sonder dat jy toestem nie, en jy moet ook nie! Jy het nie beheer oor wat met jou gebeur nie, maar jy kan wel beheer uitoefen oor hoe jy daarop reageer. Jy moet slegs besluit wat jy gaan sê en doen; en God sal die res bestuur. Jy kan nie die struikelblokke, vraagstukke en vervolging wat jou pad kruis beheer nie, maar jy kan besluit hoe jy daarop gaan reageer. Jy kan nie altyd keer dat jy platgeslaan word nie, maar jy kan wel seker maak dat jy nie platgeslaan bly nie.

Het jy ‘n Godgegewe droom? Weier om tou op te gooi, en jou droom sal bo alle twyfel verwesenlik word. Het jy nog nie ‘n droom nie? Vra God vir een. Is jou droom reeds verwesenlik? Vra God vir nog een, voordat jou lewe sy opwinding verloor. Is jou droom so klein dat dit jou nie uitdaag nie? Vra God vir ‘n groter droom en kyk hoedat jou geloof groei!

Bron: Radiokansel (aangepas)

Scroll to Top