
Daar word beweer dat die rykste plekke op aarde nie die olievelde of diamantmyne is nie. Nee, die rykste neerslae is te vinde in die begrafplaas, waar onvervulde drome lê, liedere wat nooit gesing is nie, ongeskrewe boeke, ontdekkings wat nooit gemaak is nie en potensiaal wat nooit bereik is nie. Net ‘n baie klein persentasie van die mense wat op hierdie planeet lewe sal ooit hul ware potensiaal ontdek en uitleef. Wil jy een van hulle wees? Vra dan: “Wie is ek? Hoekom het God my hier geplaas? Wat is my potensiaal? Hoe kan ek my talente tot Sy eer aanwend?” Die antwoorde op hierdie vrae, is ook die sleutel tot ‘n vervulde lewe.
As jy nog die jou lewensdoel ontdek het nie, praat met God. “.Alle dinge is deur Hom en vir Hom geskep” (Kolossense 1:16 NLV). Nog lank voordat jy jou eerste tree gegee het of jou eerste woord geuiter het, het God ‘n plan met jou lewe gehad. En al voel jy dat jy misluk het, maak dit nie saak nie, want God kan ‘n gebroke lewe weer aanmekaar sit – solank jy net die stukkies vir Hom gee!
Bron : Radiokansel



