Om jouself te versorg (2)

oil2004

oil2004Daar is twee groepe mense wat nie sal verstaan dat dit belangrik is om jouself te versorg nie: die wettiese godsdienstiges wat nooit ophou streef het om aan sekere morele, etiese en religieuse standaarde te voldoen nie, en die obsessiewe dienaars wat hulself en hul familie op die altaar van eindelose kerkaktiwiteite sal offer omdat hulle glo dat dit die enigste manier is om God tevrede te stel. Sommige van Jesus se dissipels het ook so gevoel. Toe die vrou haar duur olie op Jesus uitgegooi het, was hulle ontsteld. Hoekom? Daar staan dan geskryf: “Hy laat my rus in groen weivelde; na water wat verfris, lei Hy my… Hy gee my nuwe krag… U verwelkom my… deur my kop te salf met olie…” (Psalm 23:2,3&5 NLV).

God beskou dit as gepas wanneer ons ‘n ruskans neem. Maar die obsessiewe dienaars dink: “Die olie kon verkoop geword het om die armes te help.” Hulle glo ander se behoeftes tel; nie hul eie nie.

Wanneer jy ander versorg, maar nie jouself nie, weet dít:
(a) jy word geestelik en emosioneel gedreineer;
(b) jy raak wrewelrig omdat jou behoeftes nie erken en vervul word nie;
(c) jy begin die olie op al die verkeerde plekke soek.

Dit is wat Simson na Delila se huis toe gedryf het. Sy het vir hom ‘n plek gebied om te ontspan en net homself te wees, en dit toe later gebruik om by te dra tot sy ondergang. Wanneer ons vir ander wag om die olie oor ons uit te gooi, in plaas daarvan om te leer om dit self te doen, gee ons vir die vyand ‘n vashouplek. Begin om jouself beter te versorg – geestelik, fisies en emosioneel!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top