
Die seën is veilig in God se hande. Die behoefte daaraan bestaan, maar God sal dit nie joune maak totdat jou hart nie reg is daarvoor nie. Jy mag wel die “mis” in jou gees ervaar, maar jy weet ook dat God iets groter vir jou in gedagte het! Jy ervaar ‘n sekere ongemak, en mag gefrustreerd wonder: “Hoekom het ek nie al verder gevorder nie?” Moenie dadelik die fout gaan soek by ander mense of jou omstandighede nie – vra eerder: “Here, wag U totdat ek gereed is?” Dan moet jy ook bereid wees om Sy antwoord te hoor en daaraan gehoorsaam te wees, selfs al moet jy jou prioriteite herrangskik, uit jou gemaksposisies beweeg, ou gewoontepatrone breek, en die prys betaal om dit wat God vir jou wil gee, te ontvang. En wat wil Hy vir jou gee? Nie net mis nie, maar ‘n stortvloed van Sy seën!
Bron: Radiokansel




