‘n Ma se invloed

judge100510

judge100510Harry en Ada Mae Day het hul eerste kind, Sandra, huis toe gebring van die hospitaal af, na hulle klein plasie toe – sonder lopende water, elektrisiteit of ‘n skool in die omgewing. Maar hulle het geweier dat hulle omstandighede hulle inperk. Die afsterwe van sy pa het tot gevolg gehad dat Harry nooit self by Stanford universiteit kon studeer nie, maar hy het nooit die hoop laat vaar dat sy dogter wel daar sou studeer nie. Ada Mae het ingeteken op opvoedkundige publikasies, haar dogter laat tuisstudeer, en haar later na die beste kosskole in Amerika gestuur. So het Sandra wel by Stanford opgeëindig, daarna in die regte studeer en uiteindelik Amerika se eerste vroulike regter in die hooggeregshof geword.

Salomo het gesê: “Leer ‘n jongmens om die regte pad te kies en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie” (Spreuke 22:6 NLV). Wat was dit wat Sandra Day O’Connor suksesvol gemaak het? Intelligensie en ambisie het verseker ‘n rol gespeel, maar gee ook krediet aan die vasberade vroutjie wat, in haar kleihuisie, uur na uur vir haar kind voorgelees het en baie vir haar loopbaan opgeoffer het.

Chuck Swindoll sê: “So vernaam as wat politieke, militêre, onderwys- of geloofsfigure mag wees – niks vergelyk met die impak wat deur moeders gemaak word nie. Hulle woorde word nooit vergeet nie, hulle aanraking laat ‘n blywende indruk. die herinnering aan hulle teenwoordigheid bly ‘n leeftyd by jou.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top