
1) Paulus sê dat ons die beheer oor ons lewens moet oorgee aan God se Gees.
2) Paulus se stelling is ‘n opdrag, nie ‘n uitnodiging nie. As jy God tevrede wil stel, moet jy voortdurend gevul wees met Sy Gees.
3) Dit geld vir elke gelowige. Soms kyk ons na ander gelowiges en wens ons kan Jesus ook só liefhê. Jy kan. Die verskil is die Heilige Gees wat in ons leef.
4) Jy kan nie jouself vul nie. “Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig” (Matteus 5:6 NLV) Is jy honger? Is jy dors? Vul op by die pomp.
5) Dit is ‘n volgehoue proses. Jy kan nie aanhou ry met jou kar sonder om gereeld by ‘n vulstasie te stop vir brandstof nie. Net so, word jy oomblik vir oomblik deur die Gees vervul. Ons lewe in ‘n wêreld wat ons geestelik tap en ons ontvanklik maak vir sonde. So, “…laat die Heilige Gees julle lewe volmaak” (Efesiërs 5:18 NLV).
Bron: Radiokansel




