
My Woord oor jou staan vir altyd vas en my toewyding aan jou is oneindig. In hierdie lewe sal jy struikelblokke ken, maar wees gerus: Ek het satan beroof van sy mag om jou te beheer, en die wêreld van sy mag om jou te vernietig. Wanneer jy in die moeilikheid is, onthou dat Ek daar is om te help. Gee jou probleme vir My en Ek sal vir jou sorg. Wanneer jy bekommerd is, en moeg gespartel teen probleme, steun op My. Ek sal jou rots en jou skuiling wees, jou Verlosser en jou sterkte. Selfs al misluk jy soms, sal Ek jou nie verstoot nie, want Ek hou jou altyd vas. Maar wees versigtig: moenie die raad van ongelowige mense volg nie. Verheug jouself in My Woord en jy sal voorspoed ken soos ‘n boom wat langs ‘n rivier groei. Naskrif: Ek sal daarvan hou om van jou te hoor.’
“Ons leef uit die wete…dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, bly in God en God in hulle” (1 Johannes 4:16 NLV).
Bron : Radiokansel




