
Baie van die mense na wie ons opkyk, se lewens is nie in balans nie. Hulle kan wonderlike kerke of maatskappye opbou, maar nie noodwendig verhoudings handhaaf nie. Salomo het geskryf: “…hulle het my die wingerde laat oppas. My eie wingerd kon ek nie versorg nie” (Hooglied 1:6 NLV). Pastore wat sterk familiebande preek, se kinders verkwalik hulle dikwels omdat hulle nooit hul pa se tyd of aandag kon kry nie en moes aanhoor: “Ons maak hierdie opoffering vir God en die bediening.” Watter areas van jou lewe is uit balans? Maak seker, in jou strewe om die bal nie in jou werksarena te laat val nie, dat jy dit nie laat val in jou persoonlike lewe, waar dit juis van die meeste belang is nie. Die Bybel beaam dit: “Dan sal julle geloof meebring dat julle leefstyl goed is. ‘n Goeie leefstyl… jy God beter leer ken. As ‘n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring… uithou en aanhou…volharding loop uit op ‘n lewe naby God… uiteindelik… dat jy almal liefhet…” (2 Petrus 1:5-9 NLV).
Bron : Radiokansel



