
Jy kan satan egter uit jou lewe skop. Eerstens, deur geloof: ‘.elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld . [deur] ons geloof’ (1 Joh. 5:4 NLV). God gee krag vir die geestelike oorlog, en daardie krag word deur geloof vrygestel. Om te weet dat jy ín Christus is, gee vertroue. Tweedens, deur te weerstaan: ‘.na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug’ (Jak 4:7 NLV). Slegs wanneer jy jou aan God onderwerp, sal jy die krag hê om die duiwel te oorwin. Jy moet in die Naam van Jesus en die gesag van God se Woord teen hom stry. Derdens, deur te veg: ‘Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek’ (Efesiërs 6:11 NLV). ‘Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word.’ (1 Korintiërs10:13 NLV). Jy hoef God nie te smeek vir krag om die duiwel te oorwin nie; jy hét dit reeds. ‘.Ek het julle gesag gegee . [julle] kan oor slange en skerpioene loop . Niks sal julle beseer nie’ (Lukas 10:19 NLV). Leer om met hierdie krag saam te leef!
Bron : Radiokansel



