Jesus is die pad

pad260110

pad260110Judaïsme beskou verlossing as ‘n oordeelsdagbesluit, gebaseer op sedes en waardes. Hindoes verwag dat die siel menige kere sal reïnkarneer op sy tog deur die kosmos. Buddhiste lei hul lewens volgens die Vier Edel Waarhede en die Agtvoudige Edel Pad. Moslems verdien hul pad na Allah deur die Vyf Pilare van Geloof. Baie filosowe beskou die lewe na die dood as onbekend – ‘n sprong in die donker. Sommige mense plaas Jesus in dieselfde kategorie as Moses, Mohammed, Confucius en ander geestelike leiers. Jesus het gesê: “… ‘Ek is die pad en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie” (Johannes 14:6 NLV). Baie mense betwis dit en sê: “Alle paaie lei na die dieselfde hemel.” Maar hoe is dit moontlik? Buddhiste bereik Nirvana na 547 reïnkarnasies. Christene glo in een lewe, een dood en ‘n ewigheid saam met God. Humaniste erken geen skepper van lewe nie. Jesus beweer Hy is die enigste bron van lewe. Spiritualiste lees jou palm. Christene lees die Bybel. Hindoes glo aan ‘n meervoudige, onpersoonlike God. Christene glo daar is net een God. Elke nie-Christelike geloof glo dat jy jouself kan red. Jesus sê dat net Sy dood aan die kruis jou red. Alle paaie lei nie na Rome nie; alle skepe seil nie Australië toe nie en alle vlugte land nie in Londen nie. Alle paaie lei beslis nie na God toe nie. Jesus alleen, het die pad na verlossing opgebeur. Hy bied ons ‘n unieke uitnodiging waarvolgens Hy werk en ons vertrou; Hy sterf en ons lewe; Hy uitnooi en ons glo.

“Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het” (Johannes 6:29 NLV).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top