Hy onthou alles

cheering2505

cheering2505James Sizoo het gesê: “Bewondering is nie grootsheid nie, applous is nie roem nie, vernaamheid is nie verhewendheid nie. Die persoon in die kollig, sal nie oor eeue heen onthou word nie. ‘n Blink klippie is nie noodwendig ‘n diamant nie. Die wêreld sal vinnig vergaan sonder die lojaliteit, kreatiwiteit en toewyding van diegene wat nooit roem verwerf nie.”

Jy mag glo dat jy nie veel werd is vir God se koninkryk nie, omdat jy nie die kollig steel met die gawe om te preek, te leer of te lei nie. Verkeerd! “…Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle mede-Christene gedien het…” (Hebreërs 6:10 NLV). Die Bybel sê: “Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings” (1 Samuel 16:7 NLV). God sien hoe jy agter die skerms werk, siek of bejaarde geliefdes versorg, jou kinders grootmaak, ander aanmoedig en bydra waar jy kan.

Will Rogers het gesê: “Ons kan nie almal helde wees nie – iemand moet langs die pad staan en hande klap wanneer hulle verbykom.” Wanneer jy weer dink dat jy te onbenullig is om groot dinge te doen, probeer die klein dingetjies met ‘n groot hart doen. “Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” (Galasiërs 6:9 NLV). Dit is ‘n belofte wat God gestand sal doen!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top