
Hierdie verhaal is in die Bybel opgeteken sodat elke voortvlugtende kan weet wát om te verwag wanneer hulle besluit om huis toe te gaan.
Vlug jy vandag weg vir God? Stop, draai om, gaan terug huis toe. Hy wag om jóú met ope arms te verwelkom.
Hy sê, ‘…kom tot inkeer’ (Openbaring 3:3 NLV). Kom terug na Hom toe; daar is geen sonde wat Hy nié sal vergewe nie. Sy belofte is: ‘Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!’ (Jesaja 55:7 NLV).
Bron : Radiokansel


