Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Druk ‘delete’
Verbeel jou ‘n samelewing waar mense wat owerspel gepleeg het, ‘n rooi letter om hul nek moes dra, of diewe kettings om hul enkels. Stel jou voor jy word slegs deur jou verlede geken en gebrandmerk. Jy mag sê: “Hulle verdien dit waarskynlik”. Regtig? Jesus sê dat as jy met wellus na iemand van die teenoorgestelde geslag kyk, jy reeds in jou hart owerspel gepleeg het! (Matteus 5:28). Eina! Dan sê Hy verder dat jy met dieselfde maatstaf waarmee jy ander oordeel, geoordeel sal word (Matteus 7:1-2). Kan jy daarmee saamleef? God neem sonde nie ligtelik op nie. Sy liefde vir jou vrywaar jou nie van die gevolge van jou sonde nie. “Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is.” (Hebreërs 12:6 NLV). Maar in Sy liefde, sal Hy jou ook nie opgee nie. “Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie.”(Romeine 8:38-39).
Wanneer iemand ons seermaak of ontstel, sê God: “Vergewe en druk ‘delete’!” Anders bly jy vasgevang in die herinneringe en sal dit jou stelselmatig vernietig.