
Grappies op ‘n stokkie; indien God aan jou leier vermoëns gegee het, moet jy onthou wát leiers onderskei. Eerstens, hulle is fasiliteerders. Hulle besef dat niemand ooit hulle volle potensiaal kan bereik nie totdat hulle doen wat hulle veronderstel is om te doen. En die manier om jou roeping uit te leef, is om ander te help om húlle roeping te vind en te vervul. Tweedens, hulle is bedagsaam. Hulle praat nie, en tree nie neerbuigend op nie. Hulle het nie ‘n ander stel maniere vir belangrike en onbelangrike mense nie. Almal is vir hulle belangrik omdat almal Godgegewe potensiaal het; leiers streef net daarna om dit na vore te bring. Derdens, hulle is beslis. As leier word jy om twee redes onthou: die probleme wat jy geskep het en dié wat jy opgelos het. Ja, jy gaan foute maak, daarom moet jy nederigheid leer, streef na persoonlike groei, krag by God kry, en hopelik volgende keer beter vaar.
Bron: Radiokansel



