
Max Lucado skryf: “Ek het ‘n tydjie lank in ‘n stofsuierfabriek gewerk, waar ons stofsuiers van voor tot agter aanmekaar gesit het. Die laaste stap in die proses was om die boks te verseël en uit te pos. Op hierdie punt is daar reeds baie tyd en geld in die masjien belê, en ons het dus moeite gedoen met die verpakking. Elke stofsuier is versigtig toegedraai, verpak, in ‘n boks verseël, die bestemming opgestempel en hulle is vasgemaak binne-in die vervoertrok. Die stofsuiers was veilig. Net so sien God om na Sy mense. Hy merk en beskerm ons met Sy sterkste krag: Sy Gees. Hy trek vir ons ‘n geestelike wapenrusting aan, omring ons met engele en kom woon self in ons.” Daar is dus goeie nuus, want “in Hom is julle verseël vir ‘n dag van verlossing” (Efesiërs 4:30 NLV).
Bron : Radiokansel



