Die dood is oorwin

firworks0906

firworks0906Menslike oorskot (as) is al uit vliegtuie in die lug gesprinkel en vanaf skepe oor oseane gestrooi. Brian Kelly wou egter iets meer skouspelagtig hê. Kelly, ‘n werknemer van ‘n professionele vuurwerk-winkel, het gereël dat sy as in ‘n groot vuurwerk-dop geplaas word. Op Vrydag, 12 Augustus 1944, tydens ‘n konvensie van vuurwerk-tegnici naby Pittsburgh, Pennsilvanië, is die vuurwerk-dop die naglug ingeskiet. Dit het twee silwerige komeetsterte gevorm, waarna dit ontplof het in ‘n reën van rooi en groen sterre.

Dis ‘n skouspelagtige manier om te gaan, maar ons opstanding sal daardie lig- en kleurboog vér oortref. In plaas van kanonvuur, sal daar die asembenemende trompetgeskal van God en die majestueuse stem van Jesus wees om ons uit die graf te roep. Ons sal met hemelse liggame in die wolke opstyg om die Koning van die Konings te ontmoet. Paulus beskryf dit so: ‘Ek wil aan julle ‘n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, maar ons almal sal verander word. Dit sal dadelik, ja, in ‘n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die Christene wat reeds gesterf het, met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word. Want ons verganklike aardse liggame moet in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie. Wanneer dit gebeur – wanneer ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie – dan uiteindelik sal die Skrifwoord waar word: ‘Die dood is totaal uitgewis, want dit is heeltemal oorwin. O dood, waar is jou oorwinning? Dood, wat het van jou angel geword?’ (1 Korintiërs 15:51-55 NLV

Bron : Radiokansel

Scroll to Top