
As ‘n gelowige, jy nie die dood hoef te vrees nie, want Christus is dood en het weer opgestaan. Die angel van die dood is verwyder. Dood is nie die einde nie, slegs die begin!
Job, wat die tragiese verlies van sewe seuns en drie dogters in ‘n enkele dag beleef het, het gevra, ‘Wanneer sterflikes sterf, kan hulle weer lewe?’ (Job 14:14). Hy móés ‘n antwoord kry! Ons almal moet weet. Vyf hoofstukke later het hy sy antwoord gekry: ‘Maar ek, ek weet dat my Verlosser leef, en dat Hy aan die einde op die aarde sal staan. Nadat my liggaam vergaan het, sal ek God sien! Ek sal Hom self sien. Ja, ek sal Hom sien met my eie oë. Dié gedagte oorweldig my!’ (Job 19:25-27 NLV). Die Psalmdigter sê: ‘Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid.’ (Psalm 17:15 NLV). Wees bly – Christus se opstanding verseker joune!
Bron Radiokansel



