Testimonies / Getuienisse

britz2710

Brittz se geloof ‘sterker as ooit’

britz2710Foto: Liza HnatoviczPRETORIA. – Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, se geloof is nou sterker as ooit.

“My geloof is nou nie net in my kop nie, ek het meer sekerheid dat God my liefhet,” het Brittz op die bekendstelling van haar nuwe boek Kweek dissipline met deernis in Pretoria gesê.

Brittz en haar man is twee jaar gelede in hul huis in Centurion deur gewapende rowers oorval. Sy is verkrag.

“Voor die voorval het ek gevoel ons het nie geloofstoetse nie, ons het dit net te maklik.” Volgens haar het die voorval hulle gehelp om hulle met mense wat deur soortgelyke ervarings is, te vereenselwig.

Brittz se geloof ‘sterker as ooit’ Read More »

Bronte1807

Here het haar van vlamme gered, sê meisie

Bronte1807Foto: Charl DevenishDAG vir dag. Só gaan Bronté Vorster (17), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, en haar ma, Antigone (40), die lewe aanpak nadat hulle ses dae gelede alles wat hulle besit in ’n brand verloor het.

Antigone, ’n administrasie-beampte van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se eenheid vir studente met gestremdhede, wat gister ontslaan is, was gister nog nie regtig gereed om oor die ontbering te praat nie. Nie nadat sy byna haar kosbaarste besitting – haar dogter – in die brand verloor het nie.

Esmarie Cronjé, hospitaalwoordvoerder, sê Bronté moet nog ’n paar dae vir observasie agterbly.

Here het haar van vlamme gered, sê meisie Read More »

b30606f314bd4c81bcbd8628070a4b2e

Zim-boer hoor hy mag bly

b30606f314bd4c81bcbd8628070a4b2eFoto: Bongiwe GumedeDie Zimbabwiese boer Henry Jackson mag op sy plaas aanbly.

Hy het dié boodskap verlede week in vreemde omstandighede gekry van ’n man wat gesê het hy werk in die president se kantoor.

Dit kom meer as twee maande nadat Jackson deur die plaaslike grondkommissaris en van sy medewerkers mondelings ingelig is dat hy die plaas buite Gweru binne drie maande moes verlaat.

Hy is gedreig dat as hy nie saamwerk nie, hy binne twee uur van die plaas verjaag sal word en nie eens die klere aan sy lyf sou kon saamneem nie.

Jackson het mense toe verstom met die kalm en selfs versoenende manier waarop hy gereageer het en al sy vertroue op God geplaas het om vir hom en sy gesin te sorg.

Zim-boer hoor hy mag bly Read More »

myn2505

Redders bid saam

myn2505WELKOM. – Nadat 22 zama-zamas veilig deur reddingswerkers uit die donker mynskag hier gebring is, het dié helde ’n kring by die oop skag gevorm en saam die Here gedank dat alles veilig afgeloop het.

Dié manne van die protospan uit Carletonville, bygestaan deur plaaslike reddingswerkers, het sedert Dinsdagmiddag onverpoos gewerk en teen gister 22 vasgekeerde zamas uit die ou Arm-goudmyn se nr. 3-skag in Welkom gered.

Iemand op die toneel het aan Volksblad gesê die gebede ná die reddings het almal aangegryp en was baie roerend. “Hierdie mense waag hul eie lewe om die oortreders te red. Hulle stap die pad saam met God.”

Teen gistermiddag is na nog twee vasgekeerdes gesoek. Hulle is glo sowat 1,4 km ondergronds op die myn se 37ste vlak. Daar sal eers na lyke gesoek word wanneer al die lewendes gered is.

Die zamas, wat by ’n toe skag ingebreek het, het teen ’n selfgemaakte trapleer in die skag afgeklim toe dit gebreek het.

Redders bid saam Read More »

Scroll to Top