Party dae lyk die pad te lank en die heuwel te steil.
Jy staan nooit op uit die hospitaalbed of die rolstoel nie. Jy word wakker in dieselfde tronksel, die stof in die begraafplaas het nog nie gaan lê nie, die afdankingsbrief is nog in jou broeksak, die ander kant van die bed is nog steeds leeg. ‘Dit is die dag’ sluit egskeidingsdae, finale eksamen dae, operasiedae, belastingdae en laai-jou-eersgeborene-by-die-universiteit-af dae in. God het hierdie dag gemaak. Hy ken al die besonderhede van elke wringende oomblik. Hy is nie op ‘n vakansie nie. Hy is steeds die dirigent, steeds die vliegtuigloods, en sit steeds op die enigste troon van die Heelal. ‘Laat ons daaroor juig en bly wees!’ Oeps, hier is ‘n paar woorde wat ons eerder sal wil verander. Kan ons nie dalk later insit nie? ‘Ek sal juig en bly wees wanneer hierdie dag tot ‘n einde kom!’ Paulus het in die tronk gejuig, Dawid het psalms in die woestyn geskryf, Paulus en Silas het in hulle sel gesing, Daniël se vriende het standvastig gebly in die brandende oond, Johannes het tydens sy ballingskap die Hemel gesien en Jesus het gebid in die tuin van pyn. Gister is verby. Dit het deur jou vingers geglip terwyl jy geslaap het. Môre is nog nie hier nie. Jy kan nie môre se geld spandeer, môre se oorwinnings vier of môre se raaisels oplos nie. Dae is happie grootte porsies van die lewe: 84 000 hartkloppe, 1 440 minute, een rotasie van die aande, ‘n sonsopkoms en sonsondergang, ‘n gawe van 24 onbeleefde, onontdekte ure.
As jy een goeie dag op ‘n ander een stapel, kan jy ‘n goeie lewe aanmekaarvleg. ‘Dit is die dag’, leef dit nou!”
© 2009 radiokansel.co.za