Somme / Yearly Review

Cartoon

Onderwyser:  

“As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee
hasies en nog twee, hoeveel sal jy hê?”

Jannie:  

“Sewe, Meneer.”

Onderwyser:  

“Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies
gee, en nog  twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?”

Jannie:  

“Sewe.”

Onderwyser:  

“Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee
appels gee, en  nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?”

Jannie:  

“Ses.”

Onderwyser:   

“Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en
nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?”

Jannie:  

“Sewe!”

Onderwyser:  

“Hoe op dees aarde kom jy by sewe uit?”

Jannie:

“Ek het al ‘n hasie by die huis Meneer.”