Ou Abraham
Ek kom vanoggend so 7-15vm by die werk en sluit die werkswinkel oop en dank God vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek Sy vrede en vreugde ervaar.
Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met ‘n koppie Wimpy koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie. ‘n Ander persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met ‘n pakkie vleis en al kouende aan sy biltong grom groet hy so asof dit ‘n stryd is om te lewe.
Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister – nou is dit 6-00nm en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het – ouens met baie geld kla oor pryse is te hoog, die biltong man sê daar is amper geen vleis op die rakke nie – die ander ou kla oor ou brood en ‘n ander oor ‘n koue hamburger.
My suster vra my nou net om ‘n CD te toets en kom agter haar CD speler sal moet skoongemaak word en in Knysna vra hulle R80-00 – nee, sy kan dit nie doen nie want sy het nie geld nie.
Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het. Die mense kla en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het kon sien en ervaar wat ek vroeg oggend gesien het – ek wonder waaroor hulle dan sou kla – die een ou kla nog sy hamburger is koud en : “hy voel lus en gaan druk dit ……… in Steers se bestuurder se ……….. op.”