Gebreekte Tou
In die museum van Zermatt in Switserland word n gebreekte tou uitgestal.
Dit lyk stewig en sterk maar dit het op n kritieke oomblik gebreek. Hier is die verhaal agter daardie tou.
Edward se ideaal was om die duiselingwekkende hoogtes van die beroemde Matterhorn, n piek in die Alpe, tot bo te klim.
Saam met n groepie bekwame bergklimmers het hy op n dag die taak aangepak.
Die geselskap het bestaan uit vier klimmers en drie gidse. Twee van die drie leiers was broers.
Alles het voorspoedig verloop tot bo op die spits van die duiselingwekkende hoë