Die West Point militêre akademie het twee maal geweier om Generaal MacArthur toelating te gee. Die derde keer is hy egter toegelaat en sy naam is op die ou-end in die geskiedenisboeke opgeskryf. Die San Francisco Examiner het ‘n brief aan Rudyard Kipling geskryf wat gelui het: “Jammer mnr. Kipling, maar jy weet net glad nie hoe om die Engelse taal te gebruik nie.” Nadat hy sy lewe lank keer op keer verloor het, het Winston Churchill op 65-jarige ouderdom een van Brittanje se grootste Eersteministers geword.
Enrico Caruso se musiekonderwyser het vir hom gesê dat hy “nie ‘n stem het nie en glad nie kan sing nie.” Einstein se skoolonderwysers het hom beskryf as “verstandelik traag, onsosiaal en verlore in sy dwase drome.” Teen die tyd dat hy 46 jaar oud was, was Beethoven stokdoof, maar tog het hy vyf van sy grooste simfonieë geskryf sonder dat hy ‘n noot kon hoor.