Die
geestelike gevolge wat die dood van die geliefde boer mnr. Jacques Moll sr. in
die jongste plaasmoord in die Vrystaat gehad het, sal “sy tone laat krul van
lekkerte”.
Só sê die vermoorde boer se jongste seun, mnr.
Xavier Moll, wat in die plaasaanval gyselaar gehou is en hardop tot Jesus gebid
het dat die aanvaller se geweer nie afgaan nie. Die aanvaller se geweer het toe
geweier.
Hy sê dit was ’n absolute Goddelike ervaring
wat hy gehad het waaroor hy nie kan
stilbly nie.
Moll sê dit was asof die hemel vir ’n oomblik
oopgegaan het toe hy in die stort gestaan het en die een aanvaller vir die
ander gesê het om hom te skiet.
“Ek staan in daai stort en ek weet my einde is
hier. Ek het die heeltyd kliphard in die naam van Jesus gebid.”